Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 14 SEPTEMBER 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat gelees word deur ....................................... vanuit ..............................

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels op HF en verskeie BHF en UHF herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad asook by www.podpage.co.za

‘n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan verkry word op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad onder die ‘News’ skakel op die linkerkant. Jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanmôre se bulletin met nuus van 'n stilsleutel.

Dit is met leedwese dat die afsterwe van een van die staatmakers van ons stokperdjie gedurende die 1960's en 1970's, Tannie Anna Steytler, ZS4AP (ZS6ATN) op Dinsdag 9 September aangekondig moet word. Anna was die sekretaris van die destydse Suid-Transvaal-tak van die Suid-Afrikaanse Radioliga, 'n pos wat sy vir baie jare beklee het.

Ons innige meegevoel aan Oom Bobby, ZS4AO, hul familie en vriende.

Pouse

IN VANDAG SE NUUS

OKTOBER RAE REGISTRASIE SLUIT OM MIDDERNAG OP 15 SEPTEMBER

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA 5 MHZ AKTIWITEIT NAWEEK

RTA OP PAD NA PORT ELIZABETH

EN

PIEKE OP DIE LUG IN DIE VRYSTAAT

** Goeie nuus vir die laatslapers. Die sluitingsdatum vir die Oktober 2014 Radioamateureksamen is uitgestel tot middernag op Maandagaand 15 September. Maak asseblief seker dat alle dokumentasie so gou as moontlik geskandeer word en via die web registrasie-bladsy opgelaai word.

Baie sterkte aan die kandidate met hul voorbereiding vir die eksamen.

** Die 5 MHz Aktiwiteit naweek sal gehou word op 20 en 21 September 2014. Suid-Afrikaanse Radioliga lede word uitgenooi om spesifiek aandag te gee aan seinvoortplantings navorsing op 5 Mhz. Die aktiwiteit sal op biede die genoemde dae plaasvind vanaf 13:00 tot 20:00. Verskillende aktiwiteite sal plaasvind op vooraf bepaalde tye. Die aktiwiteit is gerig op alle radio-amateurs wat permanent buite die grense van Suid-Afrika woonagtig is. Vir meer inligting besoek die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad.

** Te oordeel aan die kommentaar ontvang na die drie RTA geleenthede tot dusver gehou, is dit iets wat nie misgeloop mag word nie. Port Elizabeth is volgende op die program. Die RTA sal gehou word op Saterdag 4 Oktober by Magnet Storm in Newton Park. Volledige besonderhede, die program en inskrywingsvorms is beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga web. Besprekings vir hierdie RTA sal sluit op 30 September.

Prof Ernest van Dyk, direkteur van die Sentrum vir Energie-navorsing, sal die hoofspreker wees. Hy sal die Suider-Afrikaanse Universiteite Radiometriese Netwerk (SAURAN), wat 'n inisiatief van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie Studies (CRSES) aan die Universiteit van Stellenbosch en die Groep vir Sonenergie Termodinamika (GSET) aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, bespreek. SAURAN het ten doel om hoë-resolusie, grond-gebaseerde sonkrag radiometriese data beskikbaar te stel by stasies oor die Suider-Afrikaanse streek.

** Die driejaarlikse Algemene Konferensie van IARU Streek 1 vind plaas by die Grand Flamingo Hotel in Albena, net noord van Varna, Bulgarye van Sondag 21 tot Vrydag 26 September. Albena is 'n oord op die Swart See kus.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga afvaardiging bestaan uit Geoff Levey, ZS6C, as hoof van die afvaardiging, Rassie Erasmus, ZS1YT, en Riaan Greeff, ZS4PR. Hulle sal vergaderings van die Administrasie en Organisasiekomitee (C3), die Permanente HF-komitee (C4) en die Permanente BHF/UHF/Mikrogolfkomitee (C5) bywoon. Hulle hoop om gekies te word vir die Geloofsbriewe en Finansies-komitee (C2) ook. Die komitees sal deur 106-referate werk. Daar sal 'n werkswinkel oor Ledeverenigings en tweede verenigings wees.

Tussen 18 en 26 September sal die spesiale roepsein LZ14IARU aktief wees vanaf die konferensie venue.

Ons wil graag die afvaardiging bon voyage toe wens en alles van die beste vir die konferensie.

** Die Radio Amateurs van Kanada het 'n ooreenkoms aangekondig met die nasie se telekommunikasie-agentskappe om die verenigings se formele voorstel om 'n wêreldwye 60 meter amateur radio toekenning te skep, te ondersteun. Volgens die Radio Amateurs van Kanada, sal hierdie voorstel by die Inter-Amerikaanse Telekommunikasie Kommissie of CITEL vergadering in Merida, Mexico volgende maand ingedien word. Dit word beskou as Kanada se posisie vir WRC 2015 en stel twee 25 KHz segmente vir amateurs. Die eerste sou wees van 5 330 tot 5 355 kHz en die tweede begin by 5 405 en eindig op 5 430 kHz. Amateur toegang sou wees op 'n nie-inmenging sekondêre basis.

Die RAC sê dat die proses nog aan die gang is. Die finale besluit oor die vraag of hierdie nuwe band skep sal word, word volgende jaar gemaak by WRC 2015. Maar, sê die RAC, die aanbieding van 'n vaste voorstel van die nasie met spesifieke frekwensies vir die ondersteuning deur die Internasionale Telekommunikasie-unie Streek 2 lande is 'n reuse-stap in die rigting van 'n gunstige uitkoms volgende jaar.

KOM ONS KYK NOU NA NUUS VAN BELANG TOV DIE LIGA EN LIDMAATSKAP

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga betreur die vertraging in die druk van Radio ZS. Dit is as gevolg van 'n verandering in Drukkers. Daar word verwag dat afskrifte gedurende volgende week beskikbaar sal wees en sal so gou as moontlik daarna gepos word.

** Pieke op die lug uit die Vrystaat. Op Saterdag 20 September van 06:00 tot 15:00 UTC gaan Eddie, ZS6BNE, Rudi, ZS6DX, Andries, ZS6VL, Cliriska, ZU6BV en Angelo, ZU6M, twee pieke in die Moolmanshoek gebied van die Oos-Vrystaat aktiveer. Die pieke is Eerste Piramide (2 167 m) en Tweede Piramide (2 200 m). Hulle sal aktief wees op HF met GG, foon en digitale modusse. Die span sal inligting versprei via SOTAWatch asook GMAWatch op Saterdag.

Die Duitse Mountain Award (GMA) verwysingsnommer vir die twee pieke is ZT/FS-001 - Eerste Piramide en ZT/FS-002 - Tweede Piramide. Die pieke inligting is aan die Sota Bestuurspan voorgelê en ons wag vir die SOTA nommers. ZS-SOTA hoop dat hulle voor die naweek uitgereik sal word.

Jy kan Saterdag ‘n ‘chaser’ wees of miskien kan jy ‘n piek in jou omgewing aktiveer en ‘n piek to piek QSO maak. Sterkte aan die span in hul strewe!

** Die kompetisiekomitee het twintig logs en een kontrolelog ontvang vir die Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG Kompetisie gehou op 31 Augustus 2014. Die een en twintig amateurs het 815 QSOs gemaak. Roger Jones, ZS6RJ, neem die louere met 236 punte, gevolg deur mede-klublid Joop Hesp, ZS6JP, met 198 punte. Karel Bezuidenhout, ZS6WN, neem die derde plek met 182 punte en Pierre van Deventer, ZS6A, in die vierde plek met 178 punte.

Roger Jones, ZS6RJ haal die beste telling op 'n enkele band met 124 punte op 20 meter.

In die klubkompetisie neem die Wesrand ARK die eerste plek met 452 punte, gevolg deur die Pretoria ARK met 222 punte, die Boland ARK met 174 punte en die Port Elizabeth ARV met 168 punte.

Die wenner van die gelukkige trekking is Pierre van Deventer, ZS6A.

** Die gekombineerde uitslae van die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Kompetisies (foon, digitale en GG) is soos volg - Roger Jones, ZS6RJ, neem die eerste plek met 517 punte, gevolg deur Jan Botha, ZS4JAN, met 445 punte, Karel Bezuidenhout, ZS6WN, met 363 punte en Hans Kappetijn, ZS6KR, met 356 punte.

En die Klubkompetsie is gewen deur die Wesrand ARK met 1 100 punte, gevolg deur die Bloemfontein ARK op 735 punte, die Pretoria ARK op 706 punte en die Port Elizabeth ARV op 312 punte.

Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 622 sowel as op die Suid-Afrikaanse Radioliga Forum. Baie geluk aan Roger en die Wesrand ARK.

** Geen aansoeke vir lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is gedurende hierdie week ontvang nie. Lidmaatskap staan tans op 1 430 lede plus 31 klubs geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Radioliga. As jy geen toegang tot die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf het nie, is jou lidmaatskap waarskynlik nie op datum nie. Telefoon of e-pos die kantoor en stel dit reg.

** KARTS en die AWA Vlooimark / Opedag. Op versoek, is ons bly om aan te kondig dat die Kemptonpark Amateur Radio Tegniese Vereniging (KARTS) en die Antieke Draadloosvereniging (AWA) 'n tweede gekombineerde vlooimark en ope dag sal hou vanjaar op Saterdag 1 November 2014 vanaf 08:00..

Die plek is by die Impala Voortrekkersentrum, Rooiboslaan 46, Allen Grove in Kemptonpark. Hierdie geleentheid beloof om 'n baie interessante, genotvolle en onvergeetlike dag te wees. Vir tafel besprekings of enige navrae, kontak Selwyn, ZS6SEL, by 082 804 2782 of Nico, ZS6QL, by 083 269 9939. KARTS en die AWA sal meer besonderhede nader aan die datum publiseer!

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak aktief gaan wees. Sonvlekke AR2158 en 2157 het onstabiele magneetvelde wat enige oomblik kan uitbars en hoë energie sonfakkels tot gevolg hê.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 120. Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met opwindende 10 m openinge wat as gevolg van die hoër sonaktiwiteitsvlakke voorlê.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15 September – middernag, sluitingstyd vir registrasie vir die Oktober RAE
20 en 21 September - 5 MHz aktiwiteit naweek
20 September – Pieke op die lug vanaf die oos Vrystaat
2 Oktober - Suid-Afrikaanse Radioliga 80 m QSO Geselligheid
17 tot 19 Oktober – Jamboree op die Lug en CQ Hou Koers
1 November – KARTS en AWA Vlooimark / Opedag

En dan om mee af te sluit 'n terugblik op vandag se hoofnuus:

Goeie nuus vir laatslapers is dat die sluitingsdatum vir die Oktober 2014 Radioamateureksamen uitgestel is tot middernag eerskomende Maandagaand 15 September. Maak asseblief seker dat jou dokumentasie so gou as moontlik geskandeer word en via die web registrasie-bladsy opgelaai word.

Baie sterkte aan die kandidate met jul voorbereiding vir die eksamen.

Dit bring ons aan die einde van die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en ook verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word landswyd gedoen.
'n Heruitsending vind plaas op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz.
Besoek die webblad www.podpage.co.za om ook ander interessante amateurradio verwante potgooi artikels af te laai.

Ons ontvang ook graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle vir nuusbulletins. Stuur `n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel, nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer is deur Dawie Conradie ZR6DHC en gelees is deur ..................................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003